MEDIESE VOORDELE

  (HOE TRU OSMOSE GESUIWERDE WATER KAN  
  HELP OM  BLAAS EN NIERSIEKTES TE
                                   VOORKOM)
< Prev
[ Back ]
Mense wat nie genoeg water drink nie kan maklik blaas- en niersiektes kry as gevolg van hoë konsentrasie van uriene wat gepasseer word.
Blaas
Dit lyk amper soos ‘n teenstelling.  Die blaas help om vloeistof uit die liggaam te verwyder.  Tog, om gesond te bly het die blaas water nodig.  Die uriene-blaas is ‘n hol orgaan van rekbare spierweefsel wat dit laat uitswel sonder skade. Gewoonlik het die blaas ‘n kapasiteit van tot 750 ml. vloeistof.  Volgens die hoeveelheid vloeistof wat versamel, word druk op die wande van die blaas uitgeoefen.  Soos die druk verhoog ontstaan ‘n gevoel van nood om water te passeer of te urineer.  Blaasinfeksie of urieneweg-infeksie wat veroorsaak word deur bakterieë wat in die uriene kom, veroorsaak dieselfde nood, maar dikwels kan die pasiënt slegs ‘n paar druppels gepaardgaande met pyn en ongemak produseer.  Die ongemak kan vermy word.  Deur daagliks die aanbevole 6-8 glase per dag te drink kan die blaas aktief en vry van bakterieë gehou word.  Dit kan ook help om koffie, tee, gaskoeldrank en alkohol te vermy aangesien dit ligte bloeding in die blaas kan veroorsaak.  As bloeding voorkom kan daar bakterieë in die bloedselle kom.

As ‘n UWI onbehandel gelaat word of nie opgemerk word nie, kan dit oorgaan in ‘n nierinfeksie,aangesien die blaas met die twee niere verbind is deur die twee ureters.  Beide kan met anti-biotika behandel word, maar soos die infeksie deur die niere gaan, kan lae rugpyn ontwikkel, wat ook pynmedikasie noodsaaklik maak, wat weer meer las op die niere plaas.....