MEDIESE VOORDELE

    (HOE TRU OSMOSE GESUIWERDE WATER    
     KAN HELP OM  ASMA EN ALLERGIEË TE
                             VOORKOM)

< Prev
Next >
[ Back ]
Die meeste asma en allergie-lyers probeer hul omgewing verander en die nies, snuif en aamborstigheid in toom te hou.  Hoewel dokters eerstens daarop fokus om onsuiwerhede en gifstowwe in die huis te verminder, mis hulle die rol wat gewone kraanwater kan speel om asma en allergieë erger te maak.
Dit is ‘n goeie idee om jou drinkwater te toets as jy of ‘n gesinslid asma of allergieë het.  ‘n Belgiese studie het onlangs bevind dat chloor, ‘n algemene chemikalie wat by water gevoeg word om bakterieë dood te maak, asma in kinders vererger.  Chloordampe van swembaddens en selfs storte, kan aanleiding gee tot ‘n asma of allergie-aanval in sommige mense.  Mense wat aan asma of allergieë ly is dikwels sensitief vir die dampe wat vrygestel word wanneer chloor die bakterieë in sweet of uriene suiwer   Daar is ook ander chemikalieë wat mense met asma of allergieë kan affekteer, byvoorbeeld fluoried.  Fluoried word by meeste munisipale water gevoeg om tandbederf in kinders te bestry en kan die gesondheid van sommige mense met asma of allergieë aantas.
Allergiste weet reeds vir dekades dat daar gedokumenteerde gevalle van sowel volwassenes as kinders met asma of allergieë is wat ernstige reaksies weens fluoried getoon het.  In 1967 is daar in die ‘Annale van Allergieë’ ‘n studie gepubliseer waarin al die kinders en een volwassene met allergieë asma gekry het nadat hulle blootgestel is aan kraanwater wat met fluoried behandel is .  Daar is egter ‘n oplossing:  huishoudings waar lede asma en allergieë het, kan hul kraanwater met tru-osmose filtreer om die fluoried en chloor uit hul water te verwyder.   ‘n Onlangse studie het getoon dat dehidrering ‘n beduidende rol kan speel in asma en allergieë.  Een navorser glo dat ‘n gebrek aan waterdamp in die longe die lugweë laat saamtrek en die longe mukus laat produseer.  Hierdie twee faktore veroorsaak ‘n asma aanval.
Die navorser beveel aan dat mense met asma elke dag ten minste 10 agt-ons glase (226 gram) water saam met 'n knippie sout drink.  Hulle moet ook kafeïne vermy.  Dit is omdat sout die water in die liggaam reguleer en kafeïne die liggaam van die nodige water ontneem.
Dit is interessant dat tradisionele medisynes vir asma en allergieë hierdie teorie bevestig.  Tuis-medisyne sluit die inname van warm water en die inaseming van stoom uit ‘n bak of ketel in.   Tru-osmose filtrering kan alle chemikalieë en onsuiwerhede uit drinkwater verwyder deurdat die water deur ‘n semi-deurlaatbare membraan forseer word.  Dit is egter dieselfde tegnologie wat gebruik word om seewater te ontsout vir drinkwater.  Hierdie metode van filtrering kan so te sê alle fluoried en chloor uit drinkwater verwyder.  Dit kan die gesinslid met asma en allergieë met ‘n sensitiwiteit vir hierdie chemikalieë help.   Mense met asma en allergieë kan hul tuisomgewing beter beheer deur die chloor en fluoried uit kraanwater te filtreer, wat dit makliker maak vir almal om asem te haal.