MEDIESE VOORDELE
(HOE TRU OSMOSE GESUIWERDE WATER KAN
HELP OM
HOË BLOEDDRUK EN CHOLESTEROL
TE
VOORKOM)
Hartsiektes eis vandag die meeste lewens. Twee groot
gesondheidsrisiko’s wat tot hartsiektes kan aanleiding gee is hoë bloeddruk en
hoë cholesterol. Hierdie toestande kan egter vermy word.
Cholesterol is ‘n wasagtige stof soos vet wat lipiedes genoem word
en wat in selle en bloed voorkom. Dit word natuurlik deur die lewer
geproduseer, maar van die ‘slegte’ cholesterol kom van die voedsel wat ons eet ,
hoofsaaklik diervette. Terwyl te veel cholesterol skadelik kan wees, is ‘n
sekere hoeveelheid nodig vir liggaamsfunksies, soos om selwande to produseer en
as boublokke vir die vervaardiging van verskeie hormone, byvoorbeeld sure en
vitamien D.
Te veel cholesterol kan bloedvloei vertraag of blokkeer, wat
aanleiding gee tot die verdikking en verharding van die aarwande; ‘n siekte wat
arteriosklerose genoem word. Minder bloed vloei na die hart. Die
hart kry minder suurstof wat kan lei tot borspyne, hartaanval of selfs die
dood. Om cholesterolvlakke te verlaag is een van die beste maniere om die
risiko van hartsiektes te verminder. Selfs as jou cholesterol naby aan die
gewenste vlak is, naamlik 200 milligram per deciliter bloed, kan die
cholesterolvlak nog afgebring word en die risiko van hartsiekte verlaag.
Water speel ‘n baie belangrike rol om die verstopping van die are
te voorkom. Deur dus water te drink kan die bloed op ‘n natuurlike manier
dunner gemaak word wat maak dat bloed egaliger gepomp word. Deur baie
water te drink kan ‘n mens jou bloedweë skoon hou. Aangesien oefening saam
met ‘n gesonde dieet ‘n belangrike rol speel om cholesterol te verminder moet
mens water drink om watervlakke aan te vul. Inderwaarheid kan die inname
van water jou metabolisme verhoog.
Vervolgens kyk ons na hoë bloeddruk, ook bekend as
hipertensie. Bloeddruk verwys na die bloed wat teen die aarwande druk
wanneer dit deur die liggaam vloei. Net soos lug in ‘n motorband, vul
bloed die are tot ‘n sekere kapasiteit, en enigiets bo daardie kapasitiet kan
skadelike gevolge hê. (Net soos te hoë druk in jou motor se bande.)
Net soos hoë cholesterol kan hoë bloeddruk gesonde are bedreig en lei tot
toestande wat lewe bedreig, soos hartsiektes en beroerte. Wat dit
vreesaanjaend maak is dat daar geen werklike simptome is voor dit te laat is
nie, wat die rede is waarom hoë bloeddruk bekend staan as die stille moordenaar.
Hipertensie kan op verskillende maniere bestry word, byvoorbeeld
deur op te hou rook, op te hou alkohol gebruik en oorgewig te bestry.
Water kan ook help om hoë bloeddruk te verlaag aangesien die bloed hoofsaaklik
uit water bestaan. Indien watervlakke daal kan bloeddruk be?nvloed
word. Dus, deur elke dag genoeg water te drink kan die hart gesond gehou
word.
Die niere suiwer die bloed. Indien bloedvloei na die niere
beperk word deur te min water of hoë bloeddruk sal die niere dink dat die
liggaam te min water het, en sal die boodskap na die brein stuur dat are en
slagare saamgetrek moet word, wat die bloeddruk nog verder sal verhoog.
Hartsiekte is vandag ‘n ernstige saak. Die twee grootste
oorsake vir hartsiektes is hoë bloeddruk en hoë cholesterol. Deur genoeg
water te drink kan beide hierdie siektes bestry word.