MEDIESE
VOORDELE
(HOE TRU OSMOSE GESUIWERDE WATER
KAN HELP OM HOES EN
VERKOUE TE VOORKOM)
Ons kry almal ‘n paar keer per jaar ‘n verkoue en/of hoes. Die
Nasionale Instituut vir Allegieë en Aansteeklike Siektes in Bethesda meen dat
Amerikaners een biljoen verkoues per jaar kry. Baie kinders kry tot tien
verkoues en volwassenes gemiddeld tot vier verkoues per jaar. Die
jaarlikse ekonomiese las deur verlore werkdae? Ongeveer $5 biljoen!
Daar is niks wat ons daaraan kan doen nie. Of is daar?
Die loopneus, koors, seerkeel, ens, is almal bekende (en
gevreesde) simptome van verkoue, ‘n siekte waar dokters en farmaseutiese
maatskappye steeds nie die wonderkuur ontdek het nie. Inderwaarheid bestry
die oor-die-toonbank medisyne wat vandag verkrygbaar is slegs die simptome, en
nie die oorsaak nie. Daar is eintlik min wat vir verkoue en griep gedoen
kan word, behalwe om te wag tot dit verby is.
Die beste manier om ‘n verkoue te bestry is om te voorkom dat dit
in die eerste plek posvat. Daar is maniere om verkoue en griep te voorkom,
onder andere deur gereeld hande te was, vitamiene te drink en mense wat verkoue
het te vermy. Miskien is die belangrikste en maklikste vorm van voorkoming
van verkoue die een wat dikwels misgekyk word: genoegsame
vloeistofinname.
Vloeistowwe spoel alle skadelike onsuiwerhede en gifstowwe uit ons
liggame weg, en help met die produksie van mukus. Aangesien die liggaam
meer vloeistowwe as gewoonlik gebruik om ‘n verkoue of griep te bestry, kan die
liggaam ernstig dehidreer as voeistof nie aangevul word nie. Dehidrasie
kan, onder andere, hoë koors tot gevolg hê. Dit is waarom mens ekstra
vloeistof moet drink wanneer hoë koors ervaar word.
By voorkeur moet water gedrink word, maar sap, tee of sop is almal
aanvaarbaar. Water in ander vorme kan ook help. Warm dranke kan ‘n
seer keel streel en kan help met dekongestie. Dit word aanbeveel om met
soutwater te gorrel, klam lug in te asem, moontlik deur middel van ‘n
humidifiseerder.
In natuurlike medisyne word na verkoue gekyk as ‘n manier om van
gifstowwe ontslae te raak. Gedurende die herfs en winter probeer ons
liggame om aan te pas by die seisoen. Die liggaam kondenseer afvalstowwe
en maak oortollige mukus en verstopping van selle skoon om sirkulasie te
verbeter sodat ons warm kan bly. Hierdie proses toon egter simptome wat
soos griep lyk. Deur meer water te drink help ons die liggaam om van
gifstowwe ontslae te raak. Oefening en sweet kan ook help om die liggaam
van gifstowwe te bevry.
Deur die regte hoeveelheid water te drink hou mens die
mukusvoering in die longe en neus dun en ‘gesmeer’, wat dit makliker maak om
produktief te hoes. Water help om die slym los te maak en streel ‘n
geirriteerde keel.
Nie slegs kan water ‘n verkoue voorkom nie, maar dit kan ook lyers
laat beter voel. Meer water kan ‘n sterker immuunstelsel bou, so drink
meer water en bly gesond, en geniet die koue seisoen!