MEDIESE VOORDELE
(HOE TRU OSMOSE
GESUIWERDE WATER
KAN HELP OM JIG
TE VOORKOM)
Verbeel jou jy word in die middel van die nag wakker
met ‘n folterende pyn as gevolg van ‘n kloppende groottoon. Baie geluk! Jy het
jou eerste jigaanval.
Jig is ‘n pynlike siekte wat veroorsaak word deur die
neerslag van uriensuur-kristalle in die bloedstroom wat in die gewrigte van die
liggaam beland. Dit word gekenmerk deur pyn, swelling, rooiheid, ontsteking en
styfheid van die gewrig of gewrigte. Jig is ‘n vorm van artritis, of ontsteking
van die gewrigte, en is mees algemeen in mans. Jig was eens die siekte van die
rykes en beroemdes omdat hulle baie alkohol en ryk kosse wat die siekte
veroorsaak sou inneem. Ons weet vandag dat nie slegs die sterre alkohol inneem
nie!
Jig verloop so: Die liggaam produseer te veel
unriensuur en skei dit nie in die uriene uit nie. Oorsake van kristalvorming is
onder andere te veel alkohol, medisyne wat uriensuur konsentrasie verhoog,
voedsel te hoog in puriene (lewer, ertjies, bone) en oorgewig. Kundiges meen dat
hoewel alkohol ‘n sleutelfaktor is, metabolisme meer daarmee te make het, so
gewig is ‘n belangrike faktor om in ag te neem.
Jig begin met ‘n aanval, gewoonlik in die middel van
die nag, met erge swelling en klop in die gewrigte, en mees algemeen in die
groottoon. Jig is ‘n herhalende siekte. Mense wat jig kry kan ‘n paar baie
pynlike aanvalle in een of twee gewrigte kry, gewoonlik die groottoon, voet,
enkel of kniegewrig. Die aanval kan ‘n paar dae of ‘n paar weke duur, en dan kan
die simptome heeltemal verdwyn, en nie weer terugkeer voor oor ‘n paar maande of
jare nie. Indien onbehandel gelaat kan dit lei tot meer ernstige vorme van
artritis.
Water kan op verskillende wyses vir jig help.
Aangesien water ‘n smeermiddel vir die gewrigte is moet ‘n moontlike jiglyer
baie vloeistof inneem. Verder, aangesien gereelde alkohol-inname mens kan
dehidreer, kan dit ook jig veroorsaak. Bier is die ergste vorm van alkohol vir
jig aangesien dit meer puriene bevat as ander alkoholiese drank. Dehidrasie kan
lei tot nierinfeksies, nierstene en selfs nierversaking. Dehidrasie kan lei tot
‘n oormaat uriensuur wat weer kan lei tot jig. Daarby neem mense wat ‘n hoë
prote?en diëet volg baie vleis in. Vleis bevat meer uriensuur. Deur baie water
te drink kan mens ook jou gewig beheer of oormaat gewig
verloor.
Ten slotte kan loodvergiftiging ook jig veroorsaak.
Dit is ‘n goeie idee om jou te laat toets vir onveilige vlakke van hierdie
toksiese metaal.
Dit is duidelik dat water baie simptome verlig of
voorkom.