MEDIESE VOORDELE
(HOE TRU OSMOSE GESUIWERDE
WATER
KAN HELP
OM KANKER TE VOORKOM)
Meer en meer gemeenskappe is bekommerd oor die potensiële skakel
tussen kanker en die chemikalieë wat in hul drinkwater voorkom. Of jy nou
munisipale water of water uit ‘n put drink, is daar waarskynlik byvoegings en
onsuiwerhede in die water wat met kanker skakel.
Hoewel waterverskaffers deur die wet verplig word om hierdie
byvoegings wat kanker kan veroorsaak by ‘veilige’ vlakke te hou, is daar debat
oor wat eintlik ‘veilig’ is. Waterverskaffers word nou verplig om die
resultate van hul watertoetsing te publiseer.
Party van die chemikalieë wat by water gevoeg word kan bydra tot
die voorkoms van kanker. Studies oor chloor en fluoried het bepaal dat hoë
vlakke van hierdie chemikalieë kanker kan veroorsaak.
Chloor, wat die meeste gebruik word om gemeenskapswater te suiwer,
vorm Trihalometaan (THM’s) wanneer dit met organiese materiaal soos bakterieë in
die water verbind. Die ‘Amerikaanse Joernaal vir Publieke Gesondheid’ het
in 1992 ‘n artikel gepubliseer oor ‘n studie wat trihalometaan in die water
verbind met gevalle van rektale, blaas en pankreaskanker.
Inwonergroepe fokus dikwels op fluoried wat by meeste munisipale
water gevoeg word om tandbederf in kinders teë te werk as karsinogeen.
Die Joernaal vir Epidemiologie het fluoried in 2001 aangedui as
die genetiese oorsaak van kanker. ‘n 1990 Nasionale Toksikologie
Program-studie het bevind dat fluoried die oorsaak kan wees van kankers van die
mond, farinks, kolon en rektum. ‘n Ander studie, met resultate wat in die
‘Joernaal vir Omgewingspatologie, Toksikologie en Onkologie’ in 2001 het
osteosarcoma, ‘n skaars beenkanker, met fluoried verbind.
Radioaktiwiteit wat natuurlik voorkom in radium, uraan en radon
sypel in die watervoorraad in. Hoë vlakke van hierdie elemente kan kanker
van die brein en been veroorsaak.
Mense wat in die platteland woon en hul eie watervoorraad
het, word ook aan kanker-veroorsakende chemikalieë blootgestel. Kunsmis,
insekdoder en plantdoders bevat karsinogene wat in die watervoorraad kan
insypel. Nitraat, ‘n byproduk van kunsmis, kon ook in die water
voor. In die menslike liggaam breek nitrate af in nitrosamines, wat ook
potensieel kanker kan veroorsaak.
Atrasien, ‘n plantdoder wat op oeste gebruik word, word ook in
drinkwater gevind. Daar word vermoed dat dit borskanker kan
veroorsaak. ‘n Ander chemikalie, Arichloro-etileen, ‘n oplosmiddel in die
droogskoonmaakproses, word soms in die watervoorraad naby plekke wat nie
behoorlik van hul chemikalieë ontslae raak nie, gevind. Dit word ook
gesien as ‘n kanker-veroorsakende stof.
Meeste munisipaliteite het nie duur tegnologie om hierdie en ander
potensieel skadelike chemikalieë uit die water te verwyder nie. Gebottelde
water-maatskappye kry diwels hulle water uit dieselfde bronne as munisipaliteite
en het ook nie die tegnologie om skadelike stowwe uit die water te verwyder
nie. Tru-osmose-filtrering is een van die min doeltreffende maniere om
potensieel kanker-verwekkende chemikalieë uit die water te verwyder.