MEDIESE VOORDELE
(HOE
TRU OSMOSE GESUIWERDE WATER KAN
HELP
OM NIERSIEKTES EN NIERSTENE TE
VOORKOM)
Hoewel dit nie so belangrik soos die hart en longe klink nie, is
die niere baie belangrik vir ons gesondheid. Die niere, saam met die lewer
en/of die urienweg, raak ontslae van afvalstowwe. As die niere vir slegs
twee dae sou ophou funksioneer, sou dit die opbou van metaboliese toksienes
veroorsaak, en uremia sou ontstaan. Die opbou van afvalmateriaal wat
gewoonlik in die uriene uitgeskei word sou metaboliese vergiftiging
veroorsaak.
Die opbou van bakterieë en prote?ene kan kristalle vorm wat bekend
staan as nierstene. Dit is baie pynlik om uit te skei. Sommige
studies toon dat dehidrasie die kanse om nierstene te kry verhoog, en dat die
vorming daarvan voorkom kan word deur baie water te drink. Mense in die
Suid-Ooste van die Verenigde State het meer nierstene as mense op ander plekke
in die wêreld. Daar word gemeen dat die rede hiervoor te make het met die
temperatuur en met dehidrasie.
Deur die situasies wat kan lei tot niersiektes en ander siektes
wat tot niersiektes bydra te voorkom, kan chroniese niersiektes waar pasiënte op
niermasjiene moet staatmaak vir oorlewing, voorkom word. Hoe vroeër ‘n
mens faktore wat die niere beskadig kan verander, hoe beter. Van die
maniere om chroniese niersiektes te voorkom is:
- Handhaaf ‘n
bloeddruk van minder as 130/85,
- Handhaaf
streng bloedglukose in mense met nie normale bloedsuiker (te hoog of te
laag),
- Handhaaf
gesonde vlakke van vette (lipiede), soos cholesterol en
trigliseriedes.
- Hou op rook of
ander tabakprodukte gebruik
Miskien is een van die maklikste en mees effektiewe maniere om
dehidrasie te voorkom om water te drink. Dehidrasie is nie slegs ‘n
simptoom nie, maar is ook die oorsaak van baie siektetoestande soos
nierinfeksies en ander siektetoestande soos verkoue en griep wat tot erntiger
siektetoestande aanleiding kan gee. As iemand geneig is tot nier en
urienweg-siektes, sal hulle dehidrasie ten alle koste vermy. Mens sal ten
minste 48 onse of 1.360 kilogram water per dag drink en sal onmiddellik enige
siektetoestande wat dehidrasie kan veroorsaak soos diarree, vomering of koors
behandel. Tydens warm weer en oefening is dit nog belangriker om
vloeistowwe aan te vul deur water en soms sportdrankies te drink. Diegene
sal ook gekafe?eneerde drankies soos koffie en kola’s, en alkoholiese drank
vermy. Hierdie drankies verhoog urienuitskeiding en dehidreer die liggaam
vinniger.